ABERDEEN NUUS - Die Aberdeen VLV-tak het hierdie jaar hul potpourri-vergadering waartydens al ses VLV-studierigtings aangebied word op 11 Oktober in die Aberdeen-klub aangebied.
Annalie Lategan het die vergadering met ‘n spesiale boodskap oor die verband tussen hoop, geloof en die mens se siel, geopen.
Christelle Nel, vir openbare sake, het die belangrikheid van beheerliggame in skole bespreek.
Karin Pienaar, vir gesondheid, het die voor- en nasorg van sonbrand uitgelig; en vir opvoeding en kultuur het sy interessante feite oor tuisonderrig gedeel.
Karen van Rensburg, vir kunste en handvlyt, het ‘n blommerangskikking demonstrasie gelewer. Elna van Niekerk, vir landbou en tuinbou, het die dames bekendgestel aan organiese kunsmispille wat uit wol en bokhaar vervaardig word. Carina Esterhuizen, vir leefstyl, het die dames van haar tuisgemaakte koffie-likeur laat
proe en hulle bekendgestel aan ‘n lyfskrop wat uit koffiemoer gemaak word. Die dames het ook ‘n nuwe lid, Petro Marx, verwelkom tydens die vergadering. Annalie Lategan en Luise de Jager het gesorg vir smullekker eet- en drinkgoed.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’