KAROO NUUS - Aberdeen Sekondêr het Donderdag 26 Oktober tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling, erkenning aan die toppresteerders vir 2023 gegee.
Die toppresteerders in gr. 8 is Alicia Swarts met 'n gemiddeld van 68%, Vanashree Fortuin met 66% en Shameah Kekana met 65%.
Die gr. 9-toppresteerders het uitstekende gemiddelde persentasies behaal. Georgian de Jager is eerste in hierdie graad met 'n gemiddeld van 80%, gevolg deur Meagan Flippies met 75% en Amber de Jager met 71%
Die toppresteerders in gr. 11 is Kay Lee Sedras met 63%, gevolg deur Urnestine Jantjies en Ambesa Nqipha, beide met 61%.
Die topdrie matrikulante vir 2023 is Ethan Job met 'n indrukwekkende 74%, Gina Finnis met 68% en Emihle May met 67%.
De Jager is aangewys as algehele toppresteerder vir die junior fase terwyl Job as algehele toppresteerder vir die senior fase aangewys is.
Die minimum vereiste vir leerders om in ag geneem te word vir hierdie toekennings is 'n algehele gemiddeld van 60%.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’