KAROO NUUS - Die boer van Aberdeen wat sedert sy arrestasie op 3 Julie in aanhouding is, het vandag, 27 Julie weer in die Aberdeen-landdroshof voorgekom.
Die saak is weereens uitgestel hangende die aanwysing van 'n nuwe landdros.
Klagte teen die man strek van mensehandel, verkragting, en kinderarbeid tot intimidasie en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy bly steeds in aanhouding op Graaff-Reinet. Die saak is voorlopig tot 3 Augustus uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’