ABERDEEN NUUS - Tydens Aberdeen-boerevereniging se afsluitingsvergadering, wat op 14 November plaasgevind het, is vyf mans as erelede voorgestel.
Hannes van Rensburg, voorsitter van Aberdeen-boerevereniging, sê dat hierdie toekennings nie gaan oor hoeveel jare diens jy by die vereniging het nie, maar oor die waarde wat jy as persoon tot die vereniging en gemeenskap toevoeg.
"Hierdie mans het diep spore in die gemeenskap getrap," het Van Rensburg tydens die vergadering gesê.
Die vyf persone wat as erelede voorgestel is:
- Pen Mark - lid sedert 1962
- Louis Slabbert - lid sedert 1966
- Gert Jordaan - lid sedert 1983
- Dickie Ogilvie - lid sedert 1988
- Thabo van Rooyen - lid sedert 1977
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’