Video
ABERDEEN NUUS EN VIDEO - "Het jy al 'n boer sien dans, 'n boer sien lag, as dit reën in die Groot Karoo?"
Só het Pietie van Rensburg in die reën gesing Dinsdag (7 Januarie), terwyl haar man Gert uit vreugde in 'n stroom water op hul plaas in Aberdeen gespring het.
Nodige reën val al sedert Maandag in verskeie Karoo dorpe, en 22mm se reënval is Dinsdag op Gert en Pietie se plaas, Herbouvlei, gemeet.
Laasjaar November was hulle een van die vele plase wat droogtehulp van Burre Burger ontvang het. Nes op ander plase in die distrik, moet Gert en Pietie se vee al vir drie jaar gehandvoer word weens die droogte.
"Dank die Vader, daar gaan hy dam toe!" het Pietie vol vreugde gesê, terwyl Gert by die stroom afgedryf het.
"Die dam het nie veel reën gekry nie, maar dis 'n begin" het Pietie aan die Advertiser gesê. "Maar ek glo die Here berei die dam voor om gou vol te word."
Nog reën word vanmiddag (8 Januarie) en Donderdag vir Aberdeen voorspel.
Kyk 'n video hieronder:
Aberdeen farmer dances in the rain
"Have you ever seen a farmer dance, or a farmer laugh, when it rains in the Great Karoo?"
Pietie van Rensburg of Aberdeen was singing in the rain on Tuesday (7 January), as her husband Gert jumped for joy in a stream of water on their farm, Herbousvlei.
Much-needed rain has been falling in the area since Monday, and the couple measured 22mm after the downpour on Tuesday.
Last year November, Herbousvlei was one of the many farms in the drought-stricken district that received assistance from Burre Burger's 'Droogtehulp' project. Due to the drought, Pietie and Gert have had to handfeed their stock for at least three years.
"Thank the Lord, he's going to the dam!" Pietie shouted full of joy, as Gert floated down the stream.
"The dam didn't get much water, but at least it's a start," Pietie told the Advertiser. "I believe the Lord is preparing the dam to be filled soon."
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'