GRAAFF-REINET NUUS — Hoër Volkskool het die pas afgelope Vrydag, 12 Mei, nasionale Pantoffeldag ten bate van die 'Reach for a Dream'-projek ondersteun.
Leerlinge kon op hierdie spesiale dag met hul pantoffels skool toe gaan.
Dié projek is die Reach for a Dream-stigting se grootste fondsinsameling vir die jaar.
Die doel is om fondse in te samel om kinders met lewensbedreigde siektes se drome te help waar word. Wanneer hierdie kinders gediagnoseer word met ‘n siekte word hulle dikwels vir lang tye van hulle ouderdomsgroepe en vriende af geïsoleer.
As jy hierdie jaar die pret van pantoffeldag misgeloop het, onthou om dit volgende jaar jou steun te gee.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'