GRAAFF-REINET NUUS — Envor Botha, ‘n inwoner van Kroonvale in Graaff-Reinet, het verlede week sy misnoeë uitgespreek oor die agteruitgang van die woonbuurt se hoofstraat, Breestraat.
Die straat is ‘n paar jaar gelede deur werkers van die plaaslike Gemeenskapswerkprogram (CWP) verfraai en is daar in die Graaff-Reinet Advertiser daaroor berig.
Vandag neem onkruid die dubbelbaanweg se se middelmannetjie en sypaadjies oor en is dit niks om oor te spog nie.
“Wanneer gaan daar weer instandhoudingswerk hier verrig word?” wil Botha weet.
Die Graaff-Reinet Advertiser het die munisipaliteit genader vir kommentaar hieroor.
Leolynn Smith, kommunikasiebeampte van die Dr Beyers Naudé-munisipaleit, het gesê dat hul kennis neem van die klagte en so spoedig moontlik hieraan sal aandag gee. “As gevolg van ‘n tekort aan mannekrag sal die munisipaliteit daadwerklik plan maak sodra die uitgebreide program van openbare werke (UPOW) weer aan die gang is. Dit sal ons help om aan al die woonbuurte die nodige aandag te kan gee,” sê Smith.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'