GRAAFF-REINET NUUS — ’n Vragmotor van ’n plaaslike besigheidsman het Dinsdagmiddag, 30 Augustus, in Murraystraat reg langs die Urquharthuis omgeslaan.
Die bestuurder wat daardie dag diens begin het, was uiters geskok, maar het geen bese-rings opgedoen nie.
‘n Ander insittende het wel ’n geringe besering aan sy been opgedoen.
Paramedici en die verkeerspolisie was baie vinnig op die toneel, veral nadat diesel begin lek en Murraystraat afgestroom het.
Die vragmotor het na bewering hooibale vanaf Middelburg na Graaff-Reinet vervoer.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo news'