GRAAFF-REINET NUUS — Asherville Sekondêr het verlede Donderdag met trots en dankbaarheid die skool se uitslae van die 2016 mariekeksamen bekend maak.
Die klas van 2016 het inderdaad vriend en vyand verras, deur ‘n drastiese verbetering in sy slaagsyfer te bewerkstellig.
Ten spyte van moeilike omstandighede en vele uitdagings, het die klas van 2016 ‘n slaagsyfer van 75,4% in die pasafgelope Nasionale Senior Sertifikaateksamen behaal, in vergeleke met die vorige jaar se slaagsyfer van 53,7% - ‘n styging van 21,7%.
Van die 69 ingeskrewe leerders, slaag 7 leerders met matriekvrystelling, 29 kwalifiseer vir diplomadoeleindes en 16 vir sertifikaat doeleindes. Op die koop toe het 4 van die 5 ingeskrewe oorgeplaaste leerders (progressed learners) ook die paal gehaal.
Die toppresteerder Chesne Mabella, verwerf 'n onderskeiding in Religiestudies en het sy ook 'n bo-gemiddelde slaagpersentasie behaal.
Die skool se hoof, JP Grootboom, spreek hiermee sy dank en waardering uit teenoor ‘n toegewyde en bekwame Graad 12-vakspan en personeellede wat tyd uitgekoop het in die ekstra-programme wat deur die skool en plaaslike Distrikskantoor aangebied is, gewillige leerders, ‘n ondersteunende ouerkorps en ‘n breë skoolgemeenskap wat ‘n bydrae gelewer het om hierdie goeie uitslae moontlik te maak.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'