GRAAFF-REINET NUUS — Die 25ste Charmac-ramveiling is onlangs te Houdconstant gehou.
Die veiling was ‘n sukses met ‘n goeie aanvraag vir stoet en kudde ramme.
Die anbod van 47 ramme is verkoop vir n gemideld van R7 700. Tien ramme het vir meer as R10 000 gegaan terwyl daar 15 ramme is wat vir R5 000 verkoop is.
Charmac se poenskopramme het weer die veiling oorheers.
Die hoogste prys van R18 000 is deur Neil Lategan van Murraysburg betaal en Goraas Boerdey van Carnavon het R15 500 vir hul ram betaal.
Die McNaughton-familie wil graag almal bedank wat bygedra het tot die goeie uitslag.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'