GRAAFF-REINET NUUS — Die plaaslike polisie benodig die hulp van die publiek met die uitkenning van 'n liggaam wat op 31 Mei in die veld langs Kollegeweg by die ingang van die dorp gevind is.
Volgens polisiewoordvoerder A/O Gerrie van Rooyen is die liggaam van 'n welgeklede bejaarde bruin man onder 'n boom in die veld gevind.
'n Nadoodse ondersoek het bepaal dat die oorledene aan 'n hartaanval beswyk het en geen gemene spel word vermoed nie.
Tot dusver is die liggaam nog onopgeëis and die polisie doen 'n beroep op enige persoon met inligting om na vore te kom.
Enige persoon met inligting word gevra om Naomi Wagener van die plaaslike Forensiese Patologiese Dienste by 049 892 2091 te kontak. Jacques Wagener kan ook by 076 04 06157 of 049 8922091/24 geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'