GRAAFF-REINET NUUS — Twee van die besigste passe in die Oos-Kaap, die Lootsbergpas op die N9 tussen Graaff-Reinet en Middelburg, en die Wapadsbergpas op die R61 tussen Graaff-Reinet en Cradock was vandeesweek vir 'n wyle weens sneeu en ys gesluit.
Die passe was egter teen Woensdag weer oopgestel vir verkeer is en geen ernstige ongelukke weens die nat en gladde paaie aangemeld nie.
Intussen lyk dit of die sneeu vir eers iets van die verlede is met die miminum temperatuur wat gelydelik oor die komende paar dae styg.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'