GRAAFF-REINET NUUS — Die United Prayer for South Africa-beweging reël hierdie naweek ‘n Nasionale Biddag vir Suid-Afrika.
Die ‘up4sa’-beweging vra dat daar in elke dorp bidure gehou word op Sondag, 26 Februarie.
Die koördineerder van ‘up4sa’ in Graaff-Reinet, Hugo Vosloo, het die Advertiser meegedeel dat daar ‘n 60 minute bid-byeenkoms vir die dag by die AGS Kerk te Cloetestraat gereël is om 5nm.
Christene wat wil saambid word genooi om te kom deel in die verrigtinge.
Daar is reeds tientalle dorpe wat sulke gebedsbyeenkomste vir die Christene gereël het regoor Suid-Afrika.
Diegene wat meer inligting verlang kan Vosloo skakel by 079 843 2675.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'