MIDDELBURG NUUS — Die Primêre Skool Karel Theron het onlangs 'n redenaarskompetisie gehou.
Leerders het in twee afdelings deelgeneem, naamlik Junior- afdeling (Graad 4 en 5) en 'n Senior-afdeling (Graad 6 en 7).
In die Junior-afdeling het vyf leerders meegeding, by name Nina Perry, Denike Oosthuizen, Hennie Pienaar, Isa Schoombee en Elzaan Pieterse. In dié afdeling het Elzaan Pieterse derde geëindig, in die tweede plek was Denike Oosthuizen en eerste was Isa Schoombee.
In die Senior-afdeling het die volgende leerders deelgeneem: Tommie Olivier, Wilana Wolfaardt, Chaneke Kock, Talita Perry, Lizaan Wessels, Catuchka Nelson, Abigail Leonie, Janine Moolman, Ianè Ferreira, Chantey Jansen en Alula Pienaar deelgeneem.
In hierdie afdeling het Chaneke Kock tweede geëindig terwyl die eerste plek gedeel is deur twee deelnemers, by name Wilana Wolfaardt en Janine Moolman.
Die drie wenners in die Senior-afdeling was dan ook die span wat Middelburg verteenwoordig het tydens Interskole op Kirkwood.
'Ons bring jou die Middelburg, Karoo nuus'