GRAAFF-REINET — Die petroljoggies en personeel van Gem Garage in Graaff-Reinet is verlede Dinsdagaand deur werkgewer Blikkies Blignault bederf met 'n aand van heerlike kos en samesyn.
Volgens Blignault het die joggies, kassiers en ander werkers verbonde aan dié vulstasie die pas afgelope feesseisoen besondere diens gelewer en was dit net reg dat hulle beloon word daarvoor.
Soos Graaff-Reinetters al maar te goed weet is verkeer besonder druk in dié tyd en kan 'n vulstasie groot skade lei indien daar nie op die personeel staat gemaak kan word nie.
"Na afloop van die besige tyd kan ek met reg trots wees op my personeel wat elke dag getrou opgedaag het en slegs hul bes gelewer het by die werk," sê Blignault.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'