GRAAFF-REINET NUUS — Hoër Volkskool spog hierdie jaar met drie nuwe toevoegings tot die skool se sportbestuur.
Ritus Meiring, 'n ou bekende in Graaff-Reinet, het by die skool aangesluit as sportorganiseerder en gaan ook help met afrigting by die rugby en krieket.
Wynand Volschenk het BA Menslike Beweginskunde (2015) en sy honneursgraad in Sportwetenskap voltooi in 2016 te Universiteit van Tswane. Hy sal betrokke wees by die kondisionering van die hokkie- en netbalmeisies. Hy wil baie graag atlete vorm vir die toekoms asook 'n lekker oefen-atmosfeer skep sodat almal sal wil deelneem.
Louis van der Walt het BSc Menslike Bewegingskunde en Fisiologie aan die Universiteit van Potchefstroom studeer en in 2016 sy honneursgraad in Sportwetenskap behaal. Hy is in beheer van die algemene en spesifieke kondisionering van die seuns en gaan hul lei om sodoende eerste trots te wees op hulself en dan op hul skool.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'