GRAAFF-REINET NEWS — Op Hemelvaartsdag vier Christene dat Christus ná die kruisiging en opstanding in die hemel opgevaar het.
Hemelvaartsdag val op die veertigste dag gereken vanaf Eerste Paasdag, wat veroorsaak dat die datum elke jaar anders is.
Hemelvaartsdag val wél altyd op 'n Donderdag - dié jaar val dit op Donderdag, 25 Mei.
Hemelvaartsdag was voorheen 'n Suid-Afrikaanse publieke vakansiedag, maar is etlike jare gelede deur die regering na slegs 'n gedenkdag verander.
In die verlede het talle plaaslike besighede hul deure op dié dag gesluit om dit so doende steeds as 'n Christelike-feesdag te ag.
Midboard Finansiële Dienste het reed te kenne gegee dat hulle op dié dag toe sal wees met menige ander wat aangedui het dat hulle dieselfde beplan.
'We bring you the latest Graaff-Reinet, Karoo news'