GRAAFF-REINET NUUS — Op haar laaste dag as Burgemeester van die Camdeboo Munisipaliteit het Rdl Hanna Makoba die Graaff-Reinet begraafplaas amptelik geopen op Dinsdag, 2 Augustus.
Rdl Makoba het haar dankbaarheid teenoor die amptenare van die Camdeboo sowel as die raadslede uitgespreek vir hul samewerking en harde werk.
"Ek is trots dat ek deel van hierdie raad was. Ons het baie goed saamgewerk en hierdie begraafplaas is 'n voorbeeld van die vrugte gewerp daarvan," het sy by die opening gesê.
Chantal Ngqoza, die bestuurder van die munisipaliteit se gemeenskapsdienste het gesê dat die beplanning van hierdie begraafplaas, naby Adendorp, reeds in 2008 begin het.
"Soos u nou sien is ons klaar met die eerste fase van die begraafplaas. Die tweede fase gaan nou begin." Sy het ook die direkteur van infrastruktuur en tegniese dienste bedank vir sy insae en hulp met die konstruksie van dié begraafplaas. Die Hoofsweep, Rdl Alfred Pannies, het die gemeenskap gevra rentmeesters van die begrafplaas te wees.
"Hierdie begrafplaas is die gemeenskap s'n. Kom ons kyk daarna sodat dit nie vernietig en gevandaliseer kan word nie."
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'