MIDDELBURG NUUS - Hoërskool Middelburg spog met een van die top kandidate in die provinsie asook die toppresteerder in die Chris Hani Wes-distrik.
Janico Snyman verwerf tydens die afgelope matriekeindeksamen sewe onderskeidings. Hy het dus ‘n A-simbool vir elk van sy vakke, waaronder 100% vir Rekeningkunde.
Janico het dan ook Vrydagaand verskeie pryse vir sy uitstekende prestasie by 'n spoggeleentheid in Oos-Londen ontvang.
Die pryse sluit in ‘n skootrekenaar, R5 000 kontant geborg deur Standard Bank asook die premier beurs ter waarde van R80 000 vir elke jaar van studie. Janico beplan om sy studies voort te sit aan die NWU in Elektroniese- en Rekenaar Ingenieurswese.
'Ons bring jou die nuutse Middelburg, Karoo nuus'