GRAAFF-REINET NUUS - Hoe onselfsugtig en meelewend kan ‘n mens wees?
Bianca Fitzgerald, ‘n 11-jarige leerling van Laer Volkskool, het die afgelope week ‘n puik voorbeeld van onselfsugtige deernis gestel.
Sy het ‘n groot stuk van haar pragtige bos blonde hare laat afsny, sodat daar pruike vir kankerlyers (wat dikwels al hul hare weens bestraling of chemoterapie verloor) gemaak kan word.
Die Graaff-Reinet en Distrik Kankervereniging is baie dankbaar vir die skenking en glo dat sy 'n aansporing sal wees vir ander potensiële skenkers.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'