Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Midlands-konstruksie het meer as 'n dekade se ervaring in die boubedryf, en is die eienaar, Johan Meiring, 'n ou bekende van Graaff-Reinet.
Na 16 jaar in Mosselbaai het Johan besluit om weer terug te keer na sy tuisdorp om sy konstruksiebesigheid van 10 jaar uit te brei en hier te vestig.
Midlands-konstruksie spesialiseer in die volgende:
- Die restourasie van geboue.
- Verfwerk: Midlands-konstruksie verf die binne- en buitekant van alle huise en besighede.
- Klein bouprojekte: Van kleinskaalse konstruksies tot opknappings werk binne- en buite die huis.
- Teëlwerk: Opknapping van badkamers en kombuise.
- Dakversorging: Hulle bied 'n omvattende dienslewering en sluit in die skoonmaak en seël van dakke.
"Ons span van twaalf toegewyde werkers is ervare in die bedryf en is ons al sedert Julie-maand operasioneel in Graaff-Reinet. Ons verstaan dat elke projek uniek is."
Skakel Johan Meiring by 067 350 3954 vir 'n gratis kwotasie wat op u spesifieke behoeftes fokus.
"Ons sal u ruimte in 'n pragstuk omskep."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’