Advertorial
SAKENUUS - Karoo Paneelkloppers - Graaff-Reinet, is gestig om bekostigbare en hoë kwaliteit diens aan ons gemeenskap te bied.
Ons deel die perseel met Swan Craft Paneelkloppers in 19 Fabriekstraat, Graaff-Reinet.
Karoo Paneelkloppers se fokus is daarop om die kwaliteit wat Swan Craft Paneelkloppers in Graaff-Reinet die afgelope paar jaar gebied het, voort te sit, maar teen 'n meer bekostigbare prys.
Hoe ons dit doen
Kostedoeltreffende materiale:
Ons het ons op 'n soektog van hoë kwaliteit, maar bekostigbare verf gemik. Na deeglike toetse en studies, het ons 'n oplossing gevind wat uitstekende resultate lewer, met 'n waarborg wat binne die begroting van ons kliënte pas.
Diens en vriendelikheid:
Ons grootste dryfkrag is om 'n uitmuntende diens te lewer, met 'n fokus op vriendelikheid en kliëntetevredenheid.
Ondersteuning aan onversekerde klante:
Ons mikpunt is spesifiek om mense sonder versekering te help, sodat hulle nie in die steek gelaat word nie.
Hoë kwaliteit verf:
Ons bied verf van hoër kwaliteit teenoor plaaslike mededingers, maar teen mededingende pryse.
Kleur akkuraatheid:
Met ons “colourspectrometer” kan ons die kleur van voertuie akkuraat meet om die beste kleurpassing te verseker.
Ervare werknemers:
Ons spandeer tyd en moeite om 'n span hoogs gekwalifiseerde werknemers aan te stel met jare se ervaring in die bedryf.
Stofbeheer:
Al ons werk word in 'n geslote “spraybooth” gedoen om stof en ander besoedeling te voorkom, wat die kwaliteit van ons werk verhoog.
Hoë kwaliteit politoer:
Ons gebruik slegs die beste politoer om al ons panele te behandel, wat 'n langdurige glans en beskerming bied.Met hierdie benadering, is ons doel om 'n leier in die paneelherstelbedryf te word, terwyl ons ons gemeenskap ondersteun.
Kontak ons
Kontak ons gerus vir meer inligting of om 'n afspraak te maak!
Reinier Swanepoel, Karoo Paneelkloppers in Graaff-Reinet 072 128 8158 / 076 704 7619 of email: quotations@swancraft.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’