MURRAYSBURG SAKENUUS — Die ou Waenhuis-koffiewinkel is 'n tuiste: soos jou ouma se kombuis, waar almal jou naam ken, jy welkom voel en die hartlike Murraysburg gasvryheid jou omsingel soos 'n warm koffie walm.
Die ou Waenhuis-koffiewinkel in Pastoriestraat, Murraysburg, staan buite tyd – die gebou, 'n ou waenhuis, is met baie liefde deur Peet en Maryn de Klerk gerestoureer om nou as 'n koffie- en geskenkwintel te funksioneer.
Hier binne kan jy net ontspan en afskakel…vergeet van tyd. En soos die plaaslike inwoners weet, hiér kuier jy met 'n koppie koffie in die hand.
Die ou Waenhuis is die enigste bymekaarkomplek in dié dorpie wat heerlike koffie, koek en ligte etes bedien. Hulle is veral bekend vir hul smaaklike melkskommels, kerrievetkoeke en gevulde pannekoeke.
Die ou Waenhuis hou gereeld, op aanvraag, vir iemand 'n verjaarsdagpartytjie, werksfunksie ensomeer en behartig self die spyseniering daarvan.
Die ou Waenhuis se geskenkwinkel probeer so ver moontlik voorsiening maak vir enige behoefte wat hierdie plattelandse dorpie dalk mag hê.
Skakel hul gerus of nog beter… gaan drink 'n koppie koffie daar.
'Ons bring jou die nuutste Murraysburg, Karoo nuus'