LANDBOU NUUS - Die vyfde veiling van die 2024 somerseisoen het Dinsdag 30 April in Gqeberha plaasgevind, met 164 096 kg op aanbod, waarvan 85% verkoop is.
Die aanbod het uit goeie kwaliteit sybokhaar bestaan waarvan 80% RMS-gesertifiseerd was.
Die rand het 1,5% sterker teenoor die dollar verhandel vergeleke met dié van die vorige veiling.
Weereens was nie alle koophuise gedurende die dag aktief nie, met die topvervaardigers wat die meerderheid van die sybokhaar wat vandag aangebied was, gekoop het.
Die aanvraag na sybokhaar het gedurende die twee weke vanaf die vorige veiling afgeneem, wat die mededinging op die veilingsvloer negatief beïnvloed het.
Die gemiddelde markaanwyser het met 5% (4% in dollar terme) toegeneem vanaf die vorige veiling om te sluit op R381,11 p/kg.
'n Hoogste prys van R900 p/kg is betaal vir 'n baal 23 mikron super styl kleinbokkiehaar.
Vergeleke met die vorige veiling, was pryse as volg:
• Kleinbokkies daal 5%
• Jongbokke daal 7%
• Fyn grootbokke daal 5%
• Sterk grootbokke daal 5%
• Gemiddeld daal 5%
Die sesde veiling van die 2024 somerseisoen is Dinsdag 14 Mei.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’