MIDDELBURG NUUS — Met bibberweer wat dikwels die winter-veiling van Geelbek Elite Merinos teister, het heerlike sonskynweer die groep se 52ste veiling op Woensdag, 26 Julie, dié jaar vergesel.
Twee jong merino ooi-groepe van Eric Naudé is onderskeidelik verkoop vir R1 400 en R1 700 stuk - die kopers was CP Pieterse van Smithfield en Danie Botha van Colesberg.
Die veiling se aanbieding van 95 ramme is almal verkoop vir n gemiddelde prys van R10 615.
Die Lesotho Wool & Mohair Promotion Project het 'n Silwer Meriete-ram van Stefan Naudé vir R60 000 gekoop - dit is die hoogste prys wat op die veiling behaal is.
Isak Theron van Anker Karoo Boerdery in De Aar het R23 000 betaal vir 'n Meriete Poenskop-ram van Eric Naud.
Dan het Mnre de Jager van Philipstown, onder andere, R22 000 vir 'n Blup Silwer-ram en R20 000 vir nog 'n ram betaal - beide ramme is geteel deur Eric Naude.
Pierre Rust het R20 000 vir 'n ram betaal.
Na 26 jaar en 52 veilings wil die Geelbek Elite-telers almal bedank wat bygedra het tot 'n uiters suksesvolle veiling.
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'