GRAAFF-REINET NUUS — Charmac Merinos, van die McNaughton-familie, het op 9 Augustus hul 24ste twee-jaarlikse veiling te Houdcontant gehou.
Die veiling is gekenmerk deur sy goeie aanvraag vir kwaliteit ramme. Vir die vierde agtereenvolgende veiling het 'n poenskopram die topprys behaal. Weerens 'n bewys dat Charmac die toon aangee met poenskoppe.
Die hoogste prys was R19 000, gekoop deur André Bothma van Glencoe. Pierre Rust van Britstown het R 17 000 vir 'n poenskopram betaal. Daar was nog 'n verdere ses ramme wat tussen R10 000 en R16 000 verkoop is.
Die veiling-gemiddeld vir die 57 ramme is was 'n bevredigende R6 561.
Charmac wil graag al hul kopers, borge en die wat die veiling bygewoon het bedank vir die dag.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'