SUID-KAAP NUUS - Die Suid-Kaap Bonsmara Klub hou op 11 Augustus ‘n Bonsmara Boeredag op Mikey du Toit se plaas Osbosch by Humansdorp.
Die boeredag begin om 10:00 Die sprekers sluit in dr Pieter van Vuuren, plaaslike veearts op Humansdorp, wat gaan gesels oor vrugbaarheid en geslagsiektes by Bonsmaras, Nico Pieterse van Cyferfontein Bonsmaras op Standerton, oor die aankoop van bulle met behulp van ‘n katalogus, en Louis Steyl, tegniese adviseur van die Bonsmara Genootskap SA, oor hoekom ‘n geregistreerde Bonsmarabul gebruik moet word. Pieterse en Steyl sal ook ‘n praktiese demonstrasie lewer.
Die dag sluit om 13:30 af met ‘n biefstukete en verversings.
Kontak Hennie Potgieter by 044 213 3361 of 082 858 3400 vir meer inligting.
ARTIKEL: TISHA STEYN
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'