Die familie van die vermoorde 19-jarige student, Junade Faulkner van Jeffreysbaai, is verpletter nadat borgtog van R1 500 aan die beskuldigde, Garick Koetaan, toegestaan is. Faulkner is Maandag 8 Februarie in Santaville in Graaff-Reinet doodgeskiet. Sy familie en vriende het Maandagoggend 15 Februarie voor die hof bymekaargekom om Koetaan se borgtogaansoek teen te staan.
Vote submission failed. Please try again later.