GRAAFF-REINET | MIDDELBURG NUUS — Die Breek Op In Stereo sanger, Willem Botha en die As Jy Sing-rolprentstêr, Leah, spring einde Julie weg met 'n lekker toer deur die Oos-Kaap.
Op 1 Augustus maak hulle 'n draai in Middelburg met 'n groot opskop by Hoërskool Middelburg.
Kaartjies is slegs R80 per volwassene en R50 per skolier - kontak vir Henko op 079 876 2109 vir meer inligting.
Woon jy op Graaff-Reinet?
Kom kuier dan op 3 Augustus saam met Willem Botha en Leah by Laer Volkskool. Dit gaan een vir die boeke wees.
Kaartjies is slegs R80 per volwassene en R50 per skolier. Kaartjies is beskikbaar by die LVS-kantoor - kontak vir Laine op 076 123 1228 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'