GRAAFF-REINET | MIDDELBURG NUUS — Die sangers, Willem Botha en Leah, het die pas afgelope week in Middelburg (1 Augustus) en Graaff-Reinet (2 Augustus) vertonings gelewer.
Botha en Leah het onderskeidelik in Hoërskool Middelburg en Laer Volkskool se skoolsale in dié twee dorpe opgetree.
Willem Botha is een van Suid-Afrika se grootste sterre. Nie net sing en skryf hy liejdie nie, hy hou ook sy lyf aanbieder en akteur.
Leah, wat bekend is vir haar vertolking van Nina in die KykNet-produksie Sterlopers, se eerste album “Wonderwerk” en treffers soos “Met jou klere aan” en “Meer as niks” het die Nommer 1-posisie op van die land se grootste radiostasies bereik.
Die twee het dié week stampvol sale aan die brand gesing en desondanks die feit dat Leah se gesondheid nie na wense is nie, het sy nogtans seker gemaak dat menige harte vinniger geklop het toe sy met haar goue stem van haar treffers uit Wonderwerk gesing het.
Willem Botha het die gehoor aan sy voete gehad met treffers uit sy nuwe album Soen en Vergeet.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'