GRAAFF-REINET NUUS — Die bekende Thys, die Bosveldklong, tree op 7 Desember om 19:00 by die Pioneers-restaurant in Graaff-Reinet op.
Kaartjies beloop R100 elk.
Matthys Lourens Streicher, oftewel die vermaak-entrepreneur Thys, die Bosveldklong, is ‘n veelsydige mens.
Hy is al jare ‘n geregistreerde meester-afslaer, ‘n gekwalifiseerde veldgids, ‘n professionele skildery- en portretramer, ‘n TV-aanbieder en –vervaardiger – en , veral: ? lékker mens!
Hy het onlangs sy musikale vaardigheid op die album Op ? ernstige noot – ‘n musikaalgepoetste akoestiese luister album – spesiaal vir fynproe luisteraars uitgereik.
Nou gaan hy Graaff-Reinetters vermaak met sy forté: vrolike humorklanke en komiese lirieke.
Die aand beloof om een vir die boeke te wees, moet dit nie misloop nie!
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'