MIDDELBURG NUUS - Andries Vermeulen, die immergewilde Sandveld/Weskus storieverteller, sanger en komediant besoek Middelburg op Vrydag, 27 Oktober.
‘Kô lag ‘n Bietjie’ saam by die Primêre Skool Karel Theron om 19:00.
Met Vermeulen se besonderse vermoeë om grappe te vertel, beloof hierdie aand verseker om een vir die lagspiere te wees!
Al voel jy nie lus vir lag nie, sal ‘Kô lag ‘n Bietjie’ jou siening verander. Lag is mos aansteeklik en lag ons soms die lekkerste deur te lag vir die wat die lekkerste uit hulle mae lag!
Soms bons die oom langs jou se groot maag soos hy lag, of iemand uiter ‘n hoë noot soos ‘n donkie-lag, party lag dat die trane loop en ander lag weer stilweg binne hulself, maar LAG gaan jul LAG, dis verseker!
Die geleentheid word gereel deur die Gereformeerde Kerk se fondsinsamelingsgroep en hulle beloof dat niemand honger huis toe sal gaan nie!
Moet hierdie heerlike kuieraand dus nie misloop nie, elkeen kan doen met ‘n paar maagspieroefeninge van al die lag, terwyl die binnestes aangevul word met die heerlikste verversings, so eie aan die Karoo.
Vriende kan gerus tafels volmaak om te verseker dat elkeen sy goeie doepa lag vir die jaar in kry!
Kaartjies, teen R200 elk, is beskikbaar by PSG in Middelburg, of skakel 079 706 9587.
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'