Gallery
GRAAFF-REINET NUUS — ’n Onvergeetlike fees is voor-verlede naweek deur die Karoo-lus komitee en die hulp van menige borge en organisasies gereël.
Die gasvryheid en feestelikheid van ‘n eg-Karoo saamkuier is wat feesgangers ervaar het tydens dié jaar se Karoo-lus Fees, wat wat op 29 en 30 September in Graaff-Reinet plaasgevind het.
Die bywoning van sowat 7 400 mense en ondersteuning van die plaaslike gemeenskap, is iets waarvoor die feeskomitee baie dankbaar is.
Volgens 'n woordvoerder van die komitee, was een van die oogmerke van die fees om besoekers bloot te stel aan gasvryheid eie aan ons kontrei.
Uit die terugvoering blyk dit dat dit inderdaad so was. Besoekers van oor die land heen en selfs ‘n paar oorsese besoekers was dit eens dat hierdie fees ‘n belewenis is.
Die Karoo-lus organiseerders bedank graag die volgende instansies en mense wat die fees moontlik gemaak het:
Montego Pet Nutrition, ABSA (co-partner and sponsor), Octofin Group of Companies (co-partner and sponsor), BJK, Midlands Transport, PP Bags, Wilco Vervoer, Energy Oil, SPF (Speciality Pet Foods), SAB Miller, Würth, Junior Smith, Octofin, Graaff-Reinet Advertiser, Botha's Garage, Botanics Sports Club, Built It, Camexo, Country Village, Camdeboo Cottages, Kingfisher Lodge, Rietjiesbos B&B, Buiten Verwagten B&B, Cypress Cottages, Dippies Motors/Total Garage, Drostdy Hotel, PostNet, Dentist@Health, Dr Marais, Dr Pieterse & Smith, Gerber Botha & Gowar, Grassies Staal, Graaff-Reinet Abattoirs, Die Huisvriend, JAS Bakwerke, Karoopark Guesthouse, Ken's Radio, Merino Apteek, Minnaar Oogkundiges, Mr Paint Dulux Paint Centre, Nommerpas, Oasis Water, PG Glass, Radium Cleaners, Riverside Engen Convenience Centre, Spandau Spar, TAC, Twizza Cooldrinks, Van Wyk Theron, X-Ray Security, Polka, Kamdeboo Supermeat, Wildman, XTT, Meynhard & Steyn, Steers Graaff-Reinet, Isu-Rommel, Van Rensburg Oogkundiges, Campbell Scott and Derek Light Attorneys.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'