KAROO NUUS - Dis weer daardie tyd van die jaar waarna elke jagter uitsien - die opening van die jagseisoen, vandag, 1 Junie.
Dit beteken dat die jaarlikse opening-van-die-seisoen-byeenkoms van 2 tot 3 Junie by die Angora Lodge in Jansenville gaan plaasvind.
Hierdie jaar beloof om weereens te sorg vir ‘n groot opskop, met Adam Tas wat Saterdagaand as gaskunstenaar gaan optree om 21:00.
DJ-B Promotions sal feesgangers ook deurentyd te vermaak.
Behalwe om die jagseisoen op ‘n hoë noot af te skop, het hierdie byeenkoms ook grootliks ten doel om geld in te samel vir organisasies, skole, ander instansies en projekte wat ‘n helpende hand broodnodig het.
Die Organiseerders het reeds die volgende instansies en/of projekte geïdentifiseer wat fondse sal ontvang; Huis Van De Graaff en Vuyani Safe Haven in Graaff-Reinet en daar sal ook ‘n bydra gemaak word vir die projek in Jansenville, waar daar dromme gebou sal word om by te dra tot die verfraaiing van dié dorp.
Die Organiseerders bedank graag die volgende borge; Kloppers, Karoo Lusern, OVK, Dentist@Health Graaff Reinet en Despatch, Pick n Pay Graaff Reinet en Cape Style Wines vir hul gewaardeerde bydrae wat hierdie byeenkoms moontlik maak.
Die Organiseerders vra dat mense hierdie inisiatief sal ondersteun.
Kaartjies kan by die deure gekoop.
Diegene wat meer hieroor wil uitvind kan die organiseerders David Kinghorn – 082 577 9073 of Stephen Kinghorn 082 775 2330 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’