GRAAFF-REINET NUUS — Groot en klein sal Arab Naude & The Beanie Rebels - wat eersdaags in Graaff-Reinet te sien is - se musiek geniet.
Die musikante tree Saterdagaand, 5 Mei, by die Botaniese Sportklub op. Hulle lewendige vertoning en ritmiese musiek belowe om Graaff-Reinetters se voete te laat jeuk en die dansbaan vol te maak soos nog nooit tevore nie.
Tydens hulle optrede by Botanies, word 'n ete saam met 'n dansgeleentheid aangebied teen 'n koste van R120 per persoon.
Kaartjies is beskikbaar by Willie van Rensburg en die geleentheid begin om 17:00. Vir meer inligting, kontak Willie by 083 616 1882 of Estelle by 082 575 9560.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'