VERMAAKNUUS - Die volgende seisoen van Boer soek ’n vrou word begin volgende jaar uitgesaai, dus kan belanstellende, alleenlopende boere – manlik of vroulik wat na liefde soek, nou inskryf.
“Die afgelope seisoen was ’n reuse sukses met vier uit die top vyf boere wat liefde deur die reeks gevind het,” sê Wilmer Muller, kykNET se promosiebeampte.
Dié werklikheidsreeks het sedert 2007 vir talle Suid-Afrikaanse boere liefde gevind.
Belangstellende boere/plaasbestuurders kan www.kyknet.tv besoek waar jy óf aanlyn kan inskryf, óf ’n inskryfvorm kan aflaai, skakel Marche Media by 079 335 5137 of stuur ’n e-pos na boer@marche.media
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'