MIDDELBURG NUUS — Saterdag 18 Februarie het die Grootfontein-studente hul Valentynsdans by die Landboukollege geniet.
Die tema was 'Western' en het die meisies te pragtig gelyk in hul vrolike rokkies en cowboy-stewels.
Die dans is voorafgegaan deur 'n fotosessie waartydens die Romeo's en hul Juliet's opgewonde saam met perde afgeneem is. Die geleentheid het soos 'n regte western romanse in die woud afgespeel het. Verder is daar by die dans ook fotos geneem van die res van die Romeo's en Juliet's wat die kollege se saamstaan gees uitstekend vasgevang het.
By die dans is daar 'n heelike twee-gang maaltyd bedien deur Magda Pieterse waarna die studente gedans het dat die stof draai. Verskeie pryse is uitgedeel aan die bes geklede dame en mansstudent in elke jaargroep.
In die eerstejaars groep was Blommie en Rooikat die wenners, tweedejaars was Dassie en Fielies en vir die Derdejaarsgroep het Tarzan en Dimpels met die pryse weggestap.
Die jaar se eerstejaars wat die dans gereël het, het besonders baie moeite gedoen en tyd spandeer om die aand 'n onvergeetlike affêre vir al die studente te maak!
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'