GRAAFF-REINET NUUS - 'n Groot aantal van die leerders by Fanie Theron Preprimêr in Cradock het onlangs 'n vrywillige kontantbydrae gemaak en pienk aangetrek.
Die vrywillige bydraes is as 'n donasie aan Bev Muller oorhandig, wat 'n bestuurslid van Cradock Kankersorg is.
"Die leerders is ook bederf met roomys op dié ysige dag," vertel Petro van der Merwe van dié skool se administratiewe personeel.
Elmien Downey, sekretaresse van Fanie Theron Preprimêr, oorhandig die donasies vanaf die leerders aan Bev Muller van Cradock Kankersorg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’