GRAAFF-REINET NUUS — Die eerste naweek van die skool swem seisoen was weereens ‘n trotse ene vir Volkskool.
Verskeie van Volkskool se swemmers het deelgeneem aan die vyfde A groep Gala te Newton Park in Port Elizabeth. Hierdie galas word alomweë beskou as waar die top swemmers in die Oos Kaap bymekaar trek om hul vermoëns te toets teen die bestes in elke ouderdom groep.
Volkskool se leerders het baie goed presteer met verskeie persoonlike beste rekord tye. Lizandri Crewe-Brown het in elke een van haar items eerste gekom en haar stempel afgedruk as een van die uitstaande vroue swemmers in die byeenkoms.
Maar die top presteerder was Llewellyn Crewe-Brown. Hy het in 6 items elke keer sy eie beste tyd verbeter en het ook die prestigious Nelson Mandela Bay Aquatics meriete beker verower. Dis die eerste keer dat een van Hoër Volkskool se swemmers hierdie besonderse prestasie behaal.
Hoër Volkskool se jaarlikse kleur gala word gehou op 8 Februarie en die skool nooi alle belangstellendes uit om na hul puik swemmers in aksie te aanskou.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'