Gallery
GRAAFF-REINET NUUS — Die Camdeboo Hengelklub het hul algemene jaarvergadering en prysuitdeling op Vrydag 31 Maart, gehou.
Die bestuur wat tydens die vergadering gekies is, is Tinus Verwey (voorsitter), Arthur Langley (ondervoorsitter), Theo Coetzee (klubkaptein), Laine Coetzee (sekretaresse/tesourier), Naomi du Preez (rekordsbeampte), Jacque Vorster (gereibeampte), Solly Monoketsi (gebiedsbestuurder), Henry Thomson (spelers verteenwoordiger) en Morné Bouwer (sosiale lid verteenwoordiger).
Die klub verwelkom graag al die bestaande en nuwe lede wat tot die bestuur gekies is.
Na afloop van die vergadering is die uitblinkers vereer met trofeë.
Hennie van Rensburg is aangewys as die klubkampioen, Hannelie Verwey as die dames kampioen en Owen Thiart as die junior kampioen.
Die klub se top drie mans is Hennie van Rensburg, Theo Coetzee en Arthur Langley en die top drie dames is Hannelie Verwey, Laine-Miri Coetzee en Johanna van Jaarsveld.
Die top junior hengelaar is Owen Thiart.
Die Presidents Cup is oorhandig aan Naomi du Preez vir haar onbaatsugtige hulp gedurende die afgelope jaar.
Theo Coetzee het die jaar se grootste karp gevang.
Die Goempie-trofee is toegeken aan Sonneke Erasmus terwyl die beker vir die wenners van die Ouman vs Jongman-interklubkompetisie aan die Jongman-span se kaptein Jacques Vorster oorhandig is.
Die Camdeboo Hengelklub bedank al hul lede vir hul getroue ondersteuning van die jaar se kompetisies en sien uit om die jaar weer die lyne saam nat te maak.
Vir verdere inligting of om by die klub aan te sluit, kontak Laine Coetzee by 0761231228.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'