SUID-KAAP NUUS - Op 31 Oktober 2016 het die tweede somerliga van die Eden hengel assosiasie plaasgevind.
Die omstandighede was nie baie gunstig vir hengel nie maar Knysna hengelklub het daarin geslaag om derde beste te vaar op die betrokke dag.
Die top hengelaar van die dag was Kallie Erasmus van Knysna hengelklub met 99.66 punte. Die top junior van die dag was M Baard (o/21) van George hengelklub met 15.27 punte en die top o/16 was Xandrè Coetzee van Stilbaai hengelklub met 12.07 punte. Top meester was Kallie Erasmus van Knysna hengelklub met 99.66 punte .Die top vrou was N Crause van George hengelklub met 2.70 punte.
Die grootste eetbare vis is gevang deur Bruce Noble van Knysna hengelklub, 'n kabeljou van 8.74kg, en die swaarste oneetbare vis was n skeurtandhaai van 99.66kg wat ingeweeg is deur Erasmus van Knysna.
Die totale massa vis wat gevang is gedurende die kompetisie was 633.77kg en daar het 132 hengelaars aan die liga deelgeneem. Daar is 77 oneetbare visse gevang en 39 eetbare vis. Om bewaring te verseker of te bevorder word soveel as moontlik visse lewendig terug geplaas, en van die 116 visse wat gevang is, is 115 lewendig terug geplaas.
Die posisies van die klubs na afloop van die tweede kompetisie was as volg:
A-liga (klubnaam, kg gewig)
Triton 164.72; George 160.93; Knysna 158.82; Atlantic 121.91; Stilbaai 105.36; Outeniqua 66.35; Mosselbaai 20.78.
B-liga
Outeniqua 100.37; George 43.24; Atlantic 30.36; Stilbaai 29.43; Knysna 21.55; Triton 15.88; Weermag 2.02.
C-liga
George 26.02; Atlantic 25.66; Stilbaai 21.91; Outeniqua 2.94.
Top 3 hengelaars vir die dag (naam, klub, kg gewig)
K Erasmus, Knysna, 99.66; D Saayman, Stilbaai, 26.80; L Botha, Knysna, 26.54.
Top 3 juniors vir die dag (naam, ouderdomsgroep, klub, kg gewig)
M Baard, o/21, 8215 OH, George, 15.27
X Coetzee, o/16 9902, Stilbaai, 12.07
CW Ferreira, o/21, 8246, Triton, 3.54
Top 3 vrouens vir die dag
N Crause, o/16, George, 2.70
M Westraad, 6868, Stilbaai, 2.57
L Cronje, 6103, Stilbaai, 1.28
Top 3 meesters vir die dag
K Erasmus, 4949, Knysna, 99.66
L Botha, 6874 GM, Knysna, 26.54
H Kleyn, GM, Atlantic, 17.38
Die volgende kompetisie vind plaas op 12 November.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'