SUID-KAAP NUUS - Niel de Jager van Atlantic-hengelklub het met 143,53 punte die agste somerliga hengelkompeitsie van die Eden-hengelassosiasiehengelkompitisie by Boggomsbaai gewen. Sy klub het ook die spankompetisie met 265,19 punte gewen.
Die kompetisie het op Saterdag 8 April plaasgevind. Hengelaars kon lynne natmaak vanaf Rooiwalle tot by Snuifklip en Vleesbaai, in die Boggomsbaai omgewing.
Die hengelaars het 06:00 bymekaar gekom by Stoepsit en moes die koue oggend trotseer. Die kompetisie het van 07:00 tot 15:00 geduur.
Banie Vermeulen, woordvoerder vir die Eden-hengelassosiasie sê die kondisies was nie baie goed nie, aangesien die see baie ontstuimig was.
Met De Jager wat die algehele wenner was, het Nicole Crause (o.16) van George-hengelklub met 37,42 punte die prys gewen as die top junior hengelaar, asook die top dames hengelaar vir die dag. Die top meester was SC Muller van George-hengelklub met 37.73 punte.
Rigard Lesch van Outeniqua-hengelklub se kabeljou van 3,09 kg was die swaarste eetbare vis. Die swaarste oneetbare vis, 'n bronshaai van 137,38 kg is deur Niel de Jager van Atlantic-hengelklub uitgetrek.
'n Totale massa van 1 779,94 kg vis is geeland gedurende die kompitisie. 130 hengelaars aan die liga deelgeneem en 476 oneetbare vis is gevang, met 86 eetbare vis. Die totale 562 vis is lewendig terug geplaas in die water.
Top-5-hengelaars vir die dag:
Niel de Jager: 143,53 kg
Phillip Engelbrecht: 103,67 kg
Renier Nortjé: 58,47 kg
Andre Coetzee: 52,23 kg
Henrico Lesch: 42,24 kg
Topdames vir die dag:
Nicole Crause: 37,42 kg
Marizelle Esterhuizen: 28,91 kg
Elzaan Cronjé: 23,73 kg
Marriette Westraad: 20,55 kg
Marina Fuchs: 17,83 kg
Wilna Venter: 14,39 kg
Topmeesters vir die dag
Sam Muller: 37,73 kg
Henrico Lesch: 27,67 kg
Phillip van Niekerk: 18,57 kg
Leon van Wyk: 14,79 kg
Linton Wood: 7,74 kg
Topjuniors vir die dag:
Nicole Crause: 37,42 kg
Jaco Boshoff: 31,48 kg
Marizelle Eesterhuizen: 33,57 kg
Luan Els: 25,79 kg
Leon van der Mescht: 22,79 kg
Connor Noble: 17,35 kg
Posisies van die klubs na afloop van die 8ste kompetisie:
Liga A (klub, gewig van vis gevang)
Triton 1: 132,37 kg
Stilbaai: 863,04 kg
George: 757,50 kg
Knysna: 720,12 kg
Atlantic: 647,31 kg
Outeniqua: 614,61 kg
Mosselbaai: 212,29 kg
Liga B (klub, gewig van vis gevang)
George: 405,37 kg
Outeniqua: 403,26 kg
Stilbaai: 342,05 kg
Triton: 279,41 kg
Atlantic: 262,65 kg
Knysna: 106,89 kg
SANW: 55,28 kg
Liga C (klub, gewig van vis gevang)
Atlantic 256,64 kg
George 163,11 kg
Stilbaai: 105,79 kg
Outeniqua: 26,54 kg
Triton: 7,15 kg
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'