GRAAFF-REINET NUUS — Altesaam 24 hengelaars het die pas afgelope Saterdag, 21 Januarie deelgeneem aan die Camdeboo Hengelklub se kompetisie vir die maand.
Dit was 'n harde dag en die vis het swaarlik gebyt.
Hennie van Rensbrug kon daarin slaag om 13 vis uit te trek, met 'n totale gewig van 26.67kg - dit het vir hom die eerste plek besorg in die swaarste sak-afdeling.
Owen Thiart het sewe karpe en twee barbers gevang met 'n totale gewig van 20.93kg wat hom in die tweede plek geplaas het en Theo Coetzee was derde met 'n vangs van nege vis met 'n totale gewig van 17.13kg.
Die Klub herinner graag die gemeenskap by hierdie wyse om eerskomende Saterdag en Sondag die hengelaars by die Camdeboo Nasionale Park se Pienkniekbos-visvangarea te ondersteun - en dalk selfs bietjie meer te kom uitvind oor kompeterende hengel - tydens 'n OP liga-hengelkompetisie en die Elite Series-kompetisie die komende naweek.
Vir meer inligting hieromtrent, skakel die Camdeboo Hengelklub by camdeboohengelklub@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'