GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool se Franco Wolfaardt het die afgelope naweek aan sy eerste C-groep swemgala in Gqeberha deelgeneem, en twee derde plekke behaal.
JJ van Schalkwyk, Annabelle Kruger, Naudé van der Merwe en Zenicke van Schalkwyk het vanaf 15 tot 18 Desember aan die Nelson Mandela Bay Championships deelgeneem.
Hier het JJ twee silwer medaljes en ‘n brons ontvang en Zenicke 'n brons medalje.
JJ is een van die top twee swemmers in die distrik wat hierna gekies is om in die o.10-afdeling aan 'n prestige gala op 12 Januarie in Oos-Londen deel te neem, hoewel hy net 8 jaar oud is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’