GRAAFF-REINET SKOLE SPORT NUUS - Dié vier Hoër Volkskool-swemmers het die afgelope naweek aan die Top 8-swemgala deelgeneem.
Die swemmers het baie goed gevaar.
Ben van der Merwe het 'n brons medalje verower vir die 50m-rugslag en PJ de Goede het ook 'n brons medalje vir die 50m-borsslag opgeraap. Emile Blignaut het ook deelgeneem en goeie tye behaal.
Marlien Crewe-Brown het 'n silwer medalje vir die 50m-rugslag gewen en goue medaljes vir die 100m-borsslag, 50m-vlinderslag en 50m-borsslag.
Dié vier Hoër Volkskool-swemmers het die afgelope naweek aan die Top 8-swemgala deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'