GRAAFF-REINET NUUS - Die jaarlikse Vlak 1-streekskampioenskappe swemgala was weer onlangs gehou.
Hier het vyf van Laer Volkskool se kranige swemmers die skool verteenwoordig.
Die swemmers het behoorlik geklief deur die water en baie goeie prestasies behaal.
Mark Blom het ‘n eerste plek in die rugslag en vryslag verower, Hugo Botha was tweede in die vlinderslag, eerste in die borsslag en vierde in die vryslag, Anishka Luiters was vyfde in die borsslag, tweede in die rugslag en vierde in die vryslag, Danel de Koker was 18de in die borsslag en Elne Viljoen was negende in die rugslag en 11de in die vryslag.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'