GRAAFF-REINET NUUS — Die pas afgelope naweek het Hoër Volkskool se swemmers weer aan die jaarlikse Rivermile te Cannonville deelgeneem.
Hierdie jaar het twee onderwysers verbonde aan die skool ook die Sondagsrivier trotseer.
Al die HVS-deelnemers het baie goed gevaar en spog elkeen nou met 'n medalje.
Llewellyn Crewe-Brown het egter besonder goed presteer deur die myl in 22 minute te voltooi - minder as 2 minute na die algehele wenner. Hy behaal 'n algehele 14e plek uit
350 deelnemers. Die skool is baie trots op hom.
HVS-leerkrag Suliza van Wyk verskyn hier saam met Marlien Crewe-Brown, Lynette Ittershagen-Strauss, Llewellyn Crewe-Brown, Rianco Vermeulen, Emile Blignaut, Ben van der Merwe en leerkrag Erwin Ittershagen-Strauss.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, karoo nuus'