KAROO HENGELNUUS - Hengelaars het hulle gate uit geniet tydens die Suid-Afrikaanse Vars en Oewerhengelfederasie (SAVOF) se jaarlikse nasionale seniors kompetisie van 4 tot 7 Maart.
Provinsies sowel as individue ding mee en na afloop van die kompetisie word die tophengelaars genooi vir proewe waar hulle dan meeding om SAVOF-kleure te kry.
Die OP A-span het by Lake Mentz/Darlingtondam meegeding teen WP en Eden (Suid-Kaap) en OP se A-span het 'n bronsmedalje verower.
OP se B- en C-spanne het teen WP en Eden se B-spanne meegeding by die Noordeindemeer in Port Elizabeth. OP B wen goud en OP C silwer.
OP het uitstekend gevaar en die Camdeboo-hengelklub wens elke hengelaar van elke provinsie geluk met 'n uitstekende SA's.
OP C-span - silwer
Camdeboo-hengelklub is as volg verteenwoordig:
OP A - Hennie van Rensburg, Stoom Meiring, Danie Campher, Kleinjan van Rooyen en HP Fourie.
OP B - Theo Coetzee, Christo Serfontein en Laine-Miri Coetzee (spanbestuurder).
OP C - Ferdi Serfontein, Ruan Van Aarde en Kobus van Aarde
Laine-Miri Coetzee het in 2020 haar SAVOF-kleure ontvang, en is in die Dames SAVOF B-span opgeneem. Sy neem deel aan die SA spele op 17 en 18 April by die Vaaldam.
Vir meer inligting rondom hengel in Graaff-Reinet en omgewing kontak die Camdeboo-hengelklub by 079 826 8959 of 076 123 1228.
Laine-Miri Coetzee van die Camdeboo-hengelklub.
OP A-span - brons
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'