GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool het op 25 Februarie aan die Karoo Interskole Swemgala deelgeneem, waar dié skool se swemmers geskitter het.
Laer Volkskool went die gala met ses punte.
Aidan Thiart is aangewys as Victor Ludorum, en deel die beker met Matthew Paxton van Union.
"Baie geluk aan al die swemmers wat aan die gala deelgeneem het. Ons is trots op julle!" het Mari Swiegers namens die skool gesê.
Laer Volkskool se wen-span.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'