GRAAFF-REINET NUUS - Die Karoogala is onlangs in die hart van die Karoo, Graaff-Reinet, deur Hoër Volkskool aangebied.
In die hoërskool-afdeling het Union High, Hoër Volkskool, Gill College, Cradock Hoërskool en Hoër Landbouskool Marlow deelgeneem.
Te danke aan plaaslike skole, Volkskool en Union, sal die bekers tuis bly.
Die top drie dogtersspanne was Cradock Hoërskool (3de) Union (2de) en Hoër Volkskool (1ste). Die top drie seunsspanne was Marlow (3de), Union (2de) en Hoër Volkskool (1ste).
Die Victor en -Victrix Ludorumbekers bly ook Graaff Reinet: Victor Ludorum word gedeel deur Llewellyn Crewe-Brown en Izak Hattingh (albei Volkskool), en die Victrix Ludorumbeker gaan aan Marlien Crewe-Brown (Volkskool).
In die laerskool-afdeling het Matthew Paxton van Union die Victor Ludorum gedeel met Laer Volkskool se Aidan Thiart.
Die rekords het nie soos gewoonlik gespat nie, maar een goeie rekord, opgestel deur Andrew Fischer van Union in die seuns o. 16-vlinderslag in 2009, is gebreek deur Izak Hattingh van Hoër Volkskool.
Llewellyn Crewe-Brown het gesorg vir 'n nuwe rekord in die o. 19 vlinderslag, 50m.
Hierdie jaar het die Graaff-Reinet Swemklub trofeë geskenk wat aan die verskillende swemmers uitgedeel is, saam met die wisseltrofee.
Swem is lekker! Karooskole het aan die Karoogala in Graaff-Reinet deelgeneem. Hierdie swemmers het Union verteenwoordig.LINKS ONDER: Die Karoogala se top swemmers, Izak Hattingh, Llewellyn Crewe-Brown en Marlien Crewe-Brown van Hoër Volkskool.
Die Karoogala se top swemmers, Izak Hattingh, Llewellyn Crewe-Brown en Marlien Crewe-Brown van Hoër Volkskool.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'